Tuesday, September 21, 2010

waar kan ek wegkruip?

die waarheid is 'n pynlike bogger-- nes jy dink jy weet wie jy is dan glip die realiteit uit jou vuis soos 'n seepglad jellievis, en dan brand hy boonop nog die kak uit jou. die probleem daarmee om jou suksess in die openbliek te trompetter, is dat jy darem te sku is om dieselfde met jou mislukkings te doen. dis seker omdat hulle moelik is om vir selfs jouself te erken. dit maak nie saak hoeveel keer jy oorbegin nie, jy sal jouself elke keer inhaal en dit is maar wors: die prentjie is nooit volmaak of selfs mooi nie.

hier praat ek dan nou kwansuis afrikaans net om erens my lee woorde die eter in te kan slinger, sonder dat die mensdom bewus word van my dorian gray-skildery in die keller. fok die wit geppleisterde grafstene. ek is dan self een. laat god dan maar weet dat ek 'n verlore seun is wat die pad byster geraak het. ek is te sjoepit om selfs te besef dat ek eerder wil huitoe gaan. kom haal my, papa. ek gaan net hier in my gemors sit tot jy iets groots doen.